ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS-KURSUS

R300.00

Vir dié wat van “iets meer” hou, is daar ‘n Lydenstydkursus: ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS – GELOOFSGEWOONTES VIR LYDENSTYD.

Deur al die eeue is daar in die Kerk tydens hierdie periode op 3 baie spesifieke geloofsgewoontes gefokus. Kom leer meer hieroor en hoe jy dit vandag prakties kan toepas. Hierdie gewoontes pas perfek in by Jesus se laaste woorde aan die kruis.

  • Tydens die 6 Sondae van Lydenstyd stel ons elke Sondagoggend ‘n webinaar – ‘n video met studie-materiaal – vry. Elk van die ses webinaars sluit ‘n meditatiewe nadenke oor die kruiswoorde van Jesus in, asook ‘n verduideliking van die geloofsgewoontes met ekstra leeswerk in wat in die daaropvolgende week ingeoefen kan word.
  • Hierdie inligting is selfoon-, tablet- en rekenaarvriendelik op die webwerf verpak en as jy sou verkies kan jy die studie-materiaal in PDF-formaat aflaai. Jy kan die video en addisionele leesmateriaal op jou eie tyd lees en bestudeer en later herlees.

Addisioneel tot die kursus word jy uitgenooi:

  • na ‘n kort video en leestuk wat op Dinsdag, 16 Februarie, vrygestel word, wat jou begelei om die 40-dae Lydenstyd te verstaan.
  • na ‘n virtuele nagmaalsdiens wat op Aswoensdag (17 Februarie) om 07:00 gebeeldstroom word. Jy kan dit op ons Youtube-kanaal of op ons Facebookblad volg. Jy kan die nagmaalsdiens weer saam met vriende en familie op jou eie tyd kyk en herkyk.
  • om vir 40-dae tydens Lydenstyd ‘n daaglikse meditasie- boodskap op jou WhatsApp te ontvang. Jy moet hiervoor registreer (behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is). Hierdie Whatsappreeks werk op ‘n vrywillige donasiebasis. Bydraes word wel báíe waardeer.
  • Ons sluit die Lydenstyd op Saterdag, 3 April, met ‘n meditasiediens af. Hierdie Saterdag staan bekend as Donkersaterdag. Hierdie diens berei jou voor om die volgende dag met afwagting in te wag: Opstandingsdag het uiteindelik aangebreek. Hy leef!

Alhoewel ek ‘n paar jaar gelede my werk verloor het, dink ek glad nie aan myself as ‘n “werklose dominee” nie. Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik.

‘n Spesiale aanbieding vir gemeentes en bybelstudie-groepe wat van die kursusvideo’s en materiaal gebruik wil maak is ook beskikbaar. Vir meer inligting hieroor epos ronell@ronellbezuidenhout.co.za.

Hierdie kursus begin op Sondag, 21 Februarie.

Die koste van die kursus is R300. Indien jy vooraf registreer kan jy 10% afslag op die kursus ontvang. Gebruik die afslag-kode 28K7ZJU7 en klik op die skakel onder.

Payfast-betalings kan maklik en veilig via krediet-, tjek- en  debietkaarte, EFT’s, Zapper, MasterPass en SCode gemaak word.

Category:

Description