AL PSALMEND-KURSUS

R400.00

Die daaglikse boodskapreeks wat ek jaarliks oor die Psalms doen, kan nie nagenoeg reg laat geskied aan die rykdom van hierdie Gebedeboek in die Bybel nie.

Daarom is daar ook ‘n aanlynkursus beskikbaar vir enige persoon wat graag dieper wil delf. In hierdie kursus leer jy die verskillende tipes Psalms beter ken – veral daardie wat soms vir moderne lesers “vreemd” op die oor val, bv. die “Vloek-” of Wraakpsalms”. Behalwe vir historiese en teologiese inligting, is daar ook praktiese meditasie-oefeninge.

Ons gebruik in hierdie kursus ‘n “meditatiewe” leesmetode. In Hebreeus beteken meditasie om “langsamend te kou”. Dit gebeur wanneer jy die Psalms biddend lees. Soos dit deur die eeue gedoen is.

Daar is 8 gedeeltes wat jy in verskillende pdf-formate kan aflaai of aanlyn op jou eie tyd bestudeer.

WAT HIERDIE KURSUS NÍÉ IS NÍÉ:

Eintlik behoort ons nie die Psalms te “be-preek” of te bestudeer nie. Die Psalms is bedoel om gebid te word. Die Psalms is gebede. ‘n Mens kan oor gebed kursusse aanbied, maar as jy nie self begin bid nie, dan verstaan jy nog nie die krag van gebed nie.

Dieselfde met die Psalms. Die krag van die Psalms word eers ontsluit wanneer jy élke woord – van élke vers – van élke Psalm – begin bid.

Dit is nie moeilik om jou gunstelingverse te bid nie. Maar gaan kyk gerus: daar is verse wat onderstreep word; en ander wat jy nalaat, omdat jy dit nie verstaan nie.

Hierdie kursus wil jou help om élke vers te kan bid. Ook daardie “moeilikes”. Dit is hoe die Psalms bedoel was.

Moderne mense versamel inligting. Ons beweeg van een boek in die Bybel na die volgende een … asof dit ‘n doelwit moet wees om die Bybel “in een jaar” deur te lees. Moenie dít jou doelwit met die Psalms maak nie.

WAT JY VAN HIERDIE KURSUS KAN VERWAG:

Aan die einde van hierdie kursus gaan jy

▪ agt dele ontvang wat jy op jou eie tyd kan deurwerk;
▪ ‘n leesrooster ontvang met voorstelle hoe jy al 150 Psalms kan lees. (Jy hoef dit nie in die aanbevole tyd te doen nie!)
▪ ‘n goeie en deeglike oorsig oor die verskillende tipe Psalms hê;
▪ die geskiedenis (konteks) leer ken waarbinne die Psalms geskryf is;
▪ oefeninge kry wat jou help om die verskillende tipe Psalms self te bid;
▪ aangemoedig word om selfs daardie verse te bid wat jy gewoonlik oorslaan.
▪ videoskakels en addisionele leesstof kry vir verdere studies,
▪ visuele beelde (grafika) kry wat jy gerus met vriende kan deel, en *’n sertifikaat van deelname ontvang.

ZOOM-GESPREK

Omdat jy registreer het, gaan jy die geleentheid kry om direk met ander kursusgangers te kommunikeer. Jy kan in die Zoom-byeenkoms ook jou vrae met my, die samesteller, bespreek.

HOEVEEL TYD GAAN HIERDIE KURSUS VAN JOU NEEM?

Die kursus is geskryf in 8 modules: twee per week. Omdat jy ‘n persoonlike kode ontvang, hoef jy nie die kursus in vier weke te voltooi nie. Neem jou tyd!

Die bedoeling van hierdie reeks is nie net om inligting te versamel nie, maar om jou te begelei sodat jy in geloofsvolwassenheid ka groei.

Die koste vir die kursus beloop R400. (Dit beloop slegs R50 per module).

As jy die kursus vir ‘n geloofsvriend/in bestel: ons sal namens jou die kursus vir hom/haar aanstuur. Jy kom dan in aanmerking vir 50% afslag op die kursus. Of dalk beter gestel: betaal vir een kursus en kry dan 50% afslag op soveel Psalm-kursusse as jy wil teen 50% afslag. Die aanbod is net geldig tot einde Junie 2021.

Payfast-betalings kan maklik en veilig via krediet-, tjek- en debietkaarte, EFT’s, Zapper, MasterPass en SCode gemaak word.

Persone wat voorheen registreer het, onthou, daar is addisionele leesmateriaal by die kursus ingevoeg. As jy voorheen vir die kursus registreer het, maar jou toegangskode verlê het, kontak ons gerus vir ‘n nuwe persoonlike kode. Dit gee jou gratis toeging tot die nuwe byvoegings.

Category:

Description